KIEWIET Onthaal Fasiliteite

Die tennisklub se geriewe onder andere die saal, stoep en braai area word tans uit verhuur vir onder andere onthale.

Die uitverhuring van die perseel moet dus nie die speel van tennis beinvloed nie. ‘n Skedule of rooster van beskikbaarheid van die fasiliteite sal voorsien word moet deur die bestuur en oorgedra word aan die lede ten einde ontevredenheid te verminder.

Die gebruik van die fasiliteite kan uitgebrei word na:

  • Verjaarsdagvierings
  • Kinderpartytjies
  • Verlowingpartytjies
  • Klein huwelikseremonies
  • Groter huwelikseremonies deur markies tente op te rig tussen die klubhuis en die plaasbane
  • Seminare
  • Werks- en jaareindfunksies
  • Motiveringspraatjies
  • Modevertonings
  • Musiekaande
  • Kunsuitstalings.

Die Rietondale omgewing en die groter Moot omgewing in samewerking met die nabye en groter gemeenskap kan die perseel tot voordeel van almal gebruik. Die perseel bevat veilige parkering  en ‘n hoë standard fasiliteite.

Die fasiliteit sluit die klubhuis met stoep en buite braai geriewe in. Die positiewe van die klub is dat dit  grens aan ‘n hoofpad wat dit toeganklik maklik maak.

Sekuriteit sal aangepas word by die grootte van die funksie.

Die saal kan met gemak 70 mense huisves vir ‘n aansit ete, in die geval van motivering of konsert kan die getal na 80 vergroot word.

 

                                                                   

 

 Die klub bestaan uit die saal wat die hoof onthaal area is met ‘n groot stoep wat gebruik kan word om kos te bedien en Dan is daar die braai area. Daar is 40 tafels en 90 stoele, die tafels kan gerangskik word vir minimum van 4 persone per tafel tot met maksimum 10 persone per tafel. Eetgerei en tafeldoeke is beskikbaar. Die kombuis is toegerus met ‘n gas stoof, huishoudelike yskas, vrieskas, mikrogolf oond en “urn”. Die basiese benodighede is dus beskikbaar maar sal in tyd aangevul moet word om groter aantal mense te hanteer. 

Verdere uitbreiding kan mettertyd ‘n eenmaandelikse teetuin wees met kunsuitstallings, wat indien dit gewild is uitgebrei kan word op ‘n weeklikse basis waar die vroue van die gemeenskap bymekaar kan kom, ook ‘n spesiale dag vir die bejaardes een maal per maand. Selfs motivering praatjies vir tiener meisies om ingeligte besluite te kan neem.

Deur van die tennisklub se jongmense te betrek by funksies wat gehou word kan ons jeug leer om self onderhoudend en gemotiveerd te wees. Die vrymoedigheid moet by die lede asook die gemeenskap aangewakker word om van die fasiliteit gebruik te maak en met trots te kan verkondig dis ons klub waar jy kan lag, sing en jouself geniet.

In ‘n neutedop terwyl die fasiliteite reeds daar is kan dit gebruik word tot die klub se voordeel en ons gee terselfdetyd iets terug vir die lede van die klub en gemeenskap!

Vriendelike groete.
 
 

MARCHELL LE ROUX

Relationship Manager

Mobile: 084 279 1829

Email: marchell.leroux@gmail.com